Graanverhandeling

Agrimark Grain is betrokke by die bemarking van graan en oliesade.

Koring word meestal by plaaslike koringprodusente aangekoop.  Die area strek vanaf die Koeberg/Klipheuwel area in die suide tot sover as Upington in die noorde. Verskeie aankoopinstrumente word gebruik om veral koring by kliënte aan te koop.  Daar word aktief van JSE Kommoditeite gebruik gemaak ten einde prysrisiko vir kliënte te bestuur.

Hawer, voergars, korog en lupiene word hoofsaaklik as kontantgewas aangekoop tydens oestyd.  Ontbythawer word ook van tyd tot tyd aangekoop, terwyl rog hoofsaaklik vir spesifieke meulens aangekoop word. Mielies word plaaslik aangekoop of via Kaapstad hawe ingevoer.

Daaglikse Markverslag en Pryse

KONTAK

Slegs vir Agrimark Grain produsente.